Vanaand op Landbouweekliks | Dié skaapboer is propvol planne

Matthew Morgan produseer van Suid-Afrika se beste wol naby Tarkastad in die Oos-Kaap. Een van sy wenplanne is ’n doelgerigte jagter met ’n span jaghonde wat probleemdiere laat les opsê. Dié jong skaapboer is ’n man wat glo dat sy geslag standaarde moet verbeter én ’n plaas in ’n beter toestand aan die volgende geslag moet oorgee as waarin hy dit ontvang het. Nie net is hy bevoorreg om grond met ’n hoë produksiepotensiaal te kan hê nie, hy is geseënd met geleenthede vir toekomstige ontwikkeling. Hy boer met 8 000 Merino’s en 750 Herefords op 3 600 ha.