Vanaand op Landbouweekliks | Vasbyt is rede tot mango-sukses

Die vierde episode van reeks 17 van Landbouweekliks, Landbouweekblad se TV-program oor merkwaardige en puik boere, word vanaand (3 Mei) uitgesaai. Dit is nie almal wat die moed het om mango’s by Clanwilliam te plant nie, maar Bernie van den Heever van Cape Mangoes is iemand met deursettingsvermoë soos min. Dié boorling van Springbok het nie net bewys dat mango’s suksesvol in die Kaap geproduseer kan word nie, hy het ook ’n nuwe kultivar, Tropika, gekommersialiseer. Die Tamarak Mango-landgoed is in 2005 deur Bernie en mede-eienaar Dirk Visser begin. Met 66 ha mango’s is Tamarak die grootste plaas in sy soort in die Wes-Kaap. Tans is 54 ha mango’s in produksie. Nóg 12 ha sal binnekort in produksie wees.

https://www.youtube.com/watch?v=gVSgDA-td9MVasbyt is rede tot mango-sukses – YouTube