‘Varksnoet is ’n puik werktuig’

Angus McIntosh is ’n biodinamiese en bewaringsboer op die Spier-wynlandgoed naby Stellenbosch in die Wes-Kaap. Sy groot liefde is om voedingstofdigtheid vas te lê in al sy vertakkings – onder meer vrylopende varke, lêhenne en beeste. Die produkte wat hieruit voortspruit, waaronder eiers, vleis, gerookte kouevleis en vleisbeenaftreksel, word verpak onder die handelsmerk Farmer Angus. Angus se Limousinkudde was die eerste amptelik geregistreerde veldbeeste in Suid-Afrika.