Vars produkte in die Swartland

In die week se episode van Landbouweekliks kuier die span by Gert Claassen van die Claassenboerdery in die Swartland. Gert en sy pa, Koot, het in 2012 die mielielande van Delmas in Mpumalanga vaarwel geroep en hul bedrywighede na die Wes-Kaap verskuif. In ’n kort tyd het Gert indrukwekkende resultate behaal met gewasse wat aanvanklik sy nuwe bure se wenkbroue laat lig het. In dié bekende koring- en skaapwêreld produseer die Claassen-boerdery koring, gars en kanola, maar ook aartappelmoere, wortels, blomkool en broccoli. Hulle het ook wingerd.