AFGRI Graan se Algemene Bepalings en Voorwaardes vir die Aankoop van Graan

  1. ALGEMENE BEPALINGS
    1. Massa-aanpassings kragtens hierdie kontrak sal gedoen word in ooreenstemming met die silo eienaar en standaardbedryfspraktyke.
    2. Die massa, vog, vreemde voorwerpe en kwaliteitbepaling van die kommoditeit soos aangedui op die silobewys by die plek van lewering, of andersins soos aangedui op die silosertifikaat, indien een uitgereik word, sal dien as prima facie bewys van die massa, vog, vreemde voorwerpe en kwaliteit van die kommoditeit vir die doeleindes van hierdie ooreenkoms.  In die geval van lewering by ‘n meule, in welke geval die vog, vreemde voorwerpe en kwaliteitbepaling nie op ‘n weegbrugkaartjie nie maar op ‘n addendum aangedui, sal die waarde op die addendum van die massa afgetrek word.
    3. Alle kommoditeite gelewer aan die koper sal voldoen aan die kwaliteitspesifikasies soos voorgeskryf word in die Wysigingswet op Landbouprodukstandaarde, Wet 119 van 1990, waarvan die besonderhede op versoek by die koper beskikbaar is.  Enige kommoditeit wat nie voldoen aan die kwaliteitstandaarde van genoemde wet nie sal beskou word as nie gelewer nie ingevolge hierdie ooreenkoms.
    4. Die basisaanpassing sal verander word deur die ooreenstemmende verhoging in die toepaslike Safex vervoer differensiaal en in die toepaslike hanteringskoste soos aangekondig deur Safex en die betrokke silo eienaar onderskeidelik. Die basisaanpassing sal verlaag word deur die ooreenstemmende verlaging in bogenoemde tariewe.
    5. Enige statutêre heffing van toepassing op die verkoop van die kommoditeite kragtens hierdie ooreenkoms sal vir die verkoper se sorg en rekening wees.  Die verkoper kom hiermee ooreen dat sodanige heffings deur die koper van die aankoopprys afgetrek en aan die betrokke owerheid oorbetaal sal word.
    6. Alle silokoste, sertifikaat koste en administrasie fooie sal vir die verkoper se sorg en rekening wees tot:
      1. Datum van lewering teen die kontrak indien gelewer aan ‘n silo onder Afgri se beheer; of
      2. Ontvangs van die oorspronklike silosertifikaat by die koper se Centurion kantoor.
    7. Indien die koper toestemming gee dat die verkoper die kommoditeit vóór die eerste leweringsdatum op die kontrak lewer, sal die finale aankoopsprys soos ooreengekom tussen die koper en verkoper met addisionele opbergkoste en ‘n rente aanpassing aangepas word.
    8. Die verkoper erken dat hy bewus is dat hy al die risiko ten opsigte van die kommoditeit dra tot die kommoditeit aan die koper gelewer is by die plek van lewering of die silosertifikaat ten opsigte van die kommoditeit aan die koper se kantoor in centurion gelewer is ingevolge die bepalings en voorwaardes van hierdie ooreenkoms.
    9. Nieteenstaande enige bepalings wat hierin vervat is, gaan eienaarskap van die kommoditeit na die koper oor wanneer die fisiese kommoditeit van die betrokke silosertifikaat vir die kommoditeit aan die koper gelewer is.
    10. Die verkoper staan hiermee die reg aan die koper toe om op enige tydstip ná die ondertekening van hierdie ooreenkoms en ná die kommoditeit ingevolge hierdie ooreenkoms gelewer is die koper se uitsluitlike diskresie te gebruik om graanverhandelingstransaksies uit te voer.  Die koper waarborg betaling vir die kommoditeit aan die verkoper.
    11. Die koper kan nie die bergingskapasiteit of beskikbaarheid by die plek van lewering waarborg nie en indien daar onvoldoende bergingskapasiteit is of indien die koper, vir welke rede ook al, nie in staat is om die kommoditeit by die plek van lewering te aanvaar nie, sal die koper geregtig wees om die naaste alternatiewe plek van lewering aan te wys.  In sodanige gevalle sal die alternatiewe plek van lewering se basisaanpassing en premie geld (tensy die verkoper en koper op ‘n ander basisaanpassing ooreenkom).  Die nuwe basisaanpassing en premie sal slegs geld ten opsigte van die massa van die kommoditeit gelewer by die alternatiewe plek van lewering.
    12. Enige kansellasie of wysigings van hierdie ooreenkoms of sessie van enige regte voortspruitend hieruit of enige toegewings deur enige party aan die ander, sal slegs van krag wees indien dit skriftelik deur albei partye bevestig word. Albei partye kom hiermee onherroeplik ooreen dat alle opgeneemde telefoongesprekke tussen die partye bindend sal wees.
    13. Die partye kom ooreen dat die finale afleweringsdatum, soos hierbo uiteengesit is, redelik is vir die verkoper en indien die verkoper versuim om onmiddellik aan die bepalings en voorwaardes te voldoen, die koper geregtig sal wees om hierdie ooreenkoms ten opsigte van die kommoditeit wat nie gelewer is nie, onmiddellik, sonder kennisgewing aan die verkoper, te kanselleer.  Die verkoper erken dat hy bewus is dat die koper ‘n graan- en produkverhandelingsinstelling is en dat enige versuim deur die verkoper om die kommoditeit ten volle te lewer ingevolge hierdie ooreenkoms kan lei tot verliese vir die koper en die verkoper erken verder dat sodanige verliese van die verkoper geëis mag word indien sodanige verliese die gevolg was van die verkoper se versuim om te voldoen aan die bepalings van hierdie ooreenkoms.
    14. Die verkoper magtig die koper hiermee onherroeplik en sonder verdere toestemming om enige kommoditeit wat by ‘n opbergfasiliteit onder die beheer van die koper gelewer word aan te wend teen die ooreengekome aankoopskontrak. Indien die kommoditeit egter by ‘n ander opbergfasiliteit as die ooreengekome plek van lewering plaasvind, sal ‘n aanpassing ten opsigte van finale verkoopprys aangaande die vervoerdifferensiaal, premie en silokostes gemaak word.
  2.  BETALING
    1. Betaling in ooreenstemming met die betaaltydperk soos gespesifiseer in hierdie ooreenkoms sal slegs gemaak word ná ontvangs van hierdie getekende kontrak, ‘n geldige oorspronklike belastingfaktuur en/of oorspronklike silosertifikaat, indien van toepassing.  Geldige ondersteunende dokumentasie sal insluit ‘n oorspronklike belastingfaktuur insluitend die BTW nommer van die koper, die koper se kontraknommer en ‘n skedule van vragte waarop die toepaslike vragmotor registrasienommer, weegbrug kaartjienommer en ontvangs dokumentnommer voorkom.  Indien ‘n faktuur elektronies gestuur word, moet dit in ‘n geënkripteerde pdf-formaat wees en ‘n eenmalige sertifisering moet te dien effekte van die verkoper se ouditeurs ontvang word.  Dienooreenkomstig sal geen laat rentebetaling gemaak word indien dit betaalbaar is wanneer betalingsdokumentasie nie ontvang is nie soos uiteengesit word in hierdie ooreenkoms.
    2. Die kontrakvolume sal eweredig oor die kontraktydperk versprei word indien die kommoditeit direk by ʼn afnemer/meulenaar gelewer word.
  3. HOEDANIGHEID VAN KOPER
    Die koper mag optree as agent van ‘n versweë prinsipaal in welke geval die koper die verpligtinge van sy prinsipaal waarborg.
  4. TITEL VAN DIE KOMMODITEIT
    Die verkoper bevestig en waarborg dat sy oes van die tipe kommoditeit wat verkoop word ingevolge hierdie ooreenkoms nie onderhewig is aan enige sekuriteite, sessies of griewe van enige aard nie en bevestig verder dat geen ander party enige reg of titel van enige aard het of in die breedste sin van die woord oor enige gedeelte van sy oes sal verkry nie.
  5. KONTRAKBREUK
    1. Indien die verkoper versuim om stiptelik te voldoen aan die bepalings van hierdie ooreenkoms of indien die verkoper enige kontrakbreuk pleeg ten opsigte van hierdie ooreenkoms, sal die koper, sonder benadeling van enige ander regte wat hy mag hê, geregtig wees om skriftelike kennis aan die verkoper te gee wat spesifieke prestasie van die verkoper eis, hierdie ooreenkoms kanselleer en in elke geval skadevergoeding van die verkoper te eis, insluitend verlies aan wins, en verliese te verhaal wat die koper as gevolg van die kontrakbreuk gely het.
    2. Die partye plaas op rekord dat die koper, op grond van hierdie ooreenkoms, gebonde mag wees aan die koop en lewering van die kommoditeit aan die koper se klante, insluitend Safex transaksies en Safex kliënte. Indien die verkoper versuim of nalaat om die kommoditeit te lewer om die kommoditeit betyds te lewer, mag die koper verliese ly as gevolg van sy onvermoë om sy verpligtinge dienooreenkomstig aan sy kliënte na te kom.  Die verkoper sal in sodanige gevalle deur die koper aanspreeklik gehou word vir sodanige verliese gely as gevolg van kontrakbreuk, insluitend, sonder benadeling van die algemeenheid van gemelde klousule, verlies aan wins.
    3. Kansellasiekoste sal soos volg bepaal word:
      1.  Die verskil tussen die Safex prys ten tyde van die sluiting van die kontrak en die Safex prys waarteen die posisie by kansellasie gesluit is
      2. Plus enige kostes betaal namens die verkoper (bv. Opsiekostes, rente op opsiekostes.),
      3. Plus kommissie wat deur die koper verdien sou word.
    4. Nieteenstaande enige klousule tot die teendeel wat in hierdie kontrak vervat is, is die koper se aanspreeklikheid beperk tot die laer bedrag van die fisiese markwaarde van die betrokke produk ten opsigte van die eis/e ten tyde van die voorval.
  6. SESSIE
    1. Die verkoper sedeer hiermee aan die koper alle regte en titel in sy oes en die opbrengs en titel van die kommoditeit tipe wat hiermee verkoop word aan die koper.  In besonder, dra die verkoper spesifiek die absolute besitreg van die oes na die koper oor wanneer dit van die grond verwyder is.
    2. Die verkoper onderneem, by aanvaarding van hierdie ooreenkoms, om nie enige oes of opbrengs uit die oes op enige wyse wat ook al te vervreem, oor te dra of in te ruil wat strydig is met die bepalings van hierdie ooreenkoms nie. Enige sodanige aksie sal kontrakbreuk wees.
  7.   BORGSTELLING
    1. In sodanige gevalle waar die verkoper ‘n maatskappy/beslote  korporasie/trust/vennootskap is, verbind die ondertekenaar/s tot hierdie ooreenkoms hom/hulle as borg en medehoofskuldenaar in solidium vir die uitvoering van verpligtinge van die verkoper met abdikasie tot die wettige uitsonderings non numeratae pecuniae, non causa debiti, errore calculi, geen waarde ontvang, de doubus, vel pluribus debendi of ordinus seu excussionis et divisionis.
    2. Die ondertekenaar/s van hierdie ooreenkoms waarborg deur hulle handtekening/e dat hy/hulle behoorlik gemagtig is om hierdie ooreenkoms namens die verkoper aan te gaan en onderneem om bewys van sodanige volmag te voorsien, indien die koper dit verlang. Indien die verkoper nie aan hierdie ooreenkoms gebonde is nie as gevolg van ‘n gebrek aan volmag van die ondertekenaar, sal laasgenoemde as party aan hierdie ooreenkoms gebonde wees, ten volle asof die ooreenkoms oorspronklik met die ondertekenaar aangegaan is.
  8. ARBITRASIE
    Indien enige dispuut ontstaan uit of betrekking het op hierdie ooreenkoms tussen die partye, sal sodanige dispuut verwys word na die onafhanklike arbiter wat aangestel sal word deur die Arbiterstigting van Suid-Afrika (AFSA) in ooreenstemming met AFSA se Reëls en Regulasies, waarna die arbiters se besluit finaal en bindend sal wees op albei partye en tot ‘n hofbevel kan lei.
  9. KENNISGEWINGS
    1. Enige kennisgewing wat ná 16:00 op ‘n besigheidsdag ontvang word sal beskou word asof dit op die volgende besigheidsdag ontvang is.
    2. Enige kennisgewing ingevolge hierdie ooreenkoms sal gegee word per e-pos, brief of faksimilee. Die bewyslas van lewering sal op die afsender daarvan rus.
  10. NIE-BESIGHEIDSDAE
    1. Saterdae, Sondae en amptelik erkende en/of wettige vakansiedae in die Republiek van Suid-Afrika sal nie-besigheidsdae wees. Indien enige tydbeperking vir handeling of kennisgewing op ‘n nie-besigheidsdag val, sal die tyd wat so beperk word verleng word na die eerste besigheidsdag daarna.
    2. Leweringstydperke word nie deur hierdie klousule geraak nie.
  11. ALGEMEEN
    1. Die verkoper erken dat hy/sy met die ondertekening van hierdie ooreenkoms hy/sy ‘n onherroeplike aanbod maak om die kommoditeit aan die koper te verkoop ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes wat hierin uiteengesit word.
    2. Die partye erken dat voorafgaande bepalings en voorwaardes die hele ooreenkoms is en die verkoper verklaar hiermee dat geen verteenwoordigings of waarborge aan hom gemaak is benewens dit wat vervat is in hierdie ooreenkoms nie, op grond waarvan hy hierdie kontrak aangaan. Geen bepalings of voorwaardes, tensy van toepassing of van toepassing was op ‘n ander ooreenkoms tussen die partye, of nie, is in hierdie ooreenkoms vervat nie.
    3. Die koper sal geregtig wees op, sonder enige verpligting om te verwys na die verkoper of sonder die ontvangs van magtiging van die verkoper, ‘n reg van verrekening ten opsigte van enige vereffende eise wat die verkoper verskuldig is aan die koper of enige ander maatskappy wat geaffilieer is by Afgri operations eiendoms beperk van tyd tot tyd (Afgri-geaffilieerde), met die uitdruklike verstandhouding dat sodanige Afgri-geaffilieerde sy regte in en tot sodanige eise deur middel van sessie aan die koper oordra vóór die verrekening van krag word.
    4. Hierdie ooreenkoms word deur die wette van die republiek van suid afrika gereguleer.