Wanneer ‘n geleentheid hom voordoen, is dié boer gereed!

Ons kuier by John Griffiths, ’n besproeiingsboer in die Brits-omgewing. Hy is in 2016 aangewys as Noordwes se Jongboer van die Jaar. Hy het op 16 heeltyds begin boer en vandag bestuur hy ’n uitgebreide graan-en-groenteboerdery. Die gewasse sluit onder meer in mielies (saad, kommersieel, springmielies), koring, droëbone en groente (spinasie, kool, botterskorsie). John hou die mark met ’n vergrootglas dop en pas voortdurend sy beplanning aan. “Wanneer ’n geleentheid hom voordoen, moet jy dit aangryp.”