Wanneer ‘n weldaad ‘n boer se lewe onherroepelik verander

’n Buurman se weldaad meer as 20 jaar gelede het Kosie van Zyl, stigter van die bemagtigingsprojek Agri Dwala, se lewe onherroepelik verander. Vandag verander Kosie weer ander mense se lewe en dit kom uit sy hart. Hoewel hy ’n boer is by Napier in die Wes- Kaap, is hy nie ’n baas nie, en sy plaaswerkers is sy vennote en grondeienaar-bure.