Wenboer woeker op Wakkerstroom

BP Greyling en sy seun, Ghini, bedryf ’n gediversifiseerde boerdery op die plaas Langfontein naby Wakkerstroom in Mpumalanga. Hulle boer met graan, vleisbeeste en -skape, en kweek raaigras- en sojaboonsaad. Hulle plant ook proewe, verpak die saad en versprei landbouinsette aan medeboere. Boonop spog hulle met ’n bekroonde fynwolskaapvertakking en hul eie rooi vleisbees, die Langfonteinbees. BP is in 2011 aangewys as Landbouskrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar.