Wettige handel kan renosters red

Piet Warren, ’n bees- en-wildboer naby Gravelotte in Limpopo, se swartwitpens-teelprogram is wêreldbekend, maar deesdae beywer hy hom vir die bewaring van renosters. Dié megaboer en pionier meen die wettige handeldryf in renosterhoring kan renosters red. Piet het in 2014 ’n eerbewys vir lewenslange diens aan die wildbedryf van Wildbedryf SA ontvang. Hy was ook in die 1980’s ’n stigterslid van die Letaba-swartwitpensstudiegroep.