Wildboer van formaat, suksesvolle grondberaad op Landbouweekliks

Ellalien Davey is ’n boer met ’n kop vir besigheid en ’n hart vir bewaring. Dié voormalige Wildboer van die Jaar kan nuwe neigings in die wildbedryf raaksien en haar familie-onderneming, Romaco Ranch by Mookgophong in Limpopo, daarvolgens posisioneer. Ellalien boer saam met haar man, Colin, en haar drie seuns, Malan, Rodney en Colin jr.