Word só ’n voorkeurverskaffer

Landbouweekliks kuier by Johan van der Schyff, ’n eier-en-skaapboer van Plettenbergbaai. Johan is in 2019 as Agri SA en Toyota SA se Jongboer van die Jaar aangewys. Dagbreek Eiers verpak gemiddeld 660 000 eiers per dag. Hulle hou meer as 700 000 hoenders op drie verskillende plase in die Oos- en Wes-Kaap aan. Die eiers word na uiteenlopende markte in die Oos- en Wes-Kaap versprei. Die maatskappy het ook sy eie vragmotors. Johan sê ’n goeie produk, voortreflike diens, eerlikheid en pligsgetrouheid sal tot sukses lei.