Wynlandgoed wys hoe boere die gemeenskap kan dien

Ons kuier by ’n Chardonnay-spesialis, die wynmaker Philip Jonker van Weltevrede in Bonnievale. Die Jonker-familie woon al sedert 1912 op dié plaas, waar Philip die vierde geslag is. Hierdie bekroonde wynlandgoed se doen en late is nou verweef met die plaaslike gemeenskap. Almal in die distrik, van sakelui en ingenieurs tot boere en plaaswerkers, het kragte saamgesnoer om R65 miljoen in te samel om die Tegniese Skool Jakes Gerwel op ’n wonderbaarlike wyse tot stand te bring.