Landbouweekliks bekyk die wonder van Wagyu

Wagyu word beskryf as die kaviaar van beesvleis en in die nuutste episode van Landbouweekliks ontmoet kykers ’n pionier van dié beesras in Suid-Afrika.

Mnr. Brian Angus van die plaas Woodview by Arlington in die Vrystaat het een van die oudste Angusstoeterye in die land. Hy het reeds in 1999 die Wagyu-ras Suid-Afrika help vestig.

Die Japannese beesras is bekend vir ’n besondere marmering van die vet in die vleis wat die smaak en tekstuur verander. Dit staan ook bekend as die eksklusiefste vleis ter wêreld. Angus se dogter, Megan, wat saam met hom boer, sê met reg die ras se vleis is so besonders dat hy homself bemark!

Kykers sal in die episode meer leer oor Angus se boerdery – van sy voerkraal, ontbeningsaanleg en saaiery met mielies waarvan kuilvoer gemaak word tot die Wagyu-beeste. Die Angusfamilie is reeds meer as ’n eeu op die plaas.

Me. Megan Angus, wat bemarking gestudeer het, help haar pa met die bemarking van hul produkte, wat as vakuumverpakte snitte aan ’n verskeidenheid van klante verkoop word.

In ander segmente in die program gesels mnr. Ronald King van PSG met die joernalis Lucille Botha oor die voordele en nadele van uittree-annuïteite, terwyl mnr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek gesels oor die konteks waarin genomika ’n hulpmiddel vir veeboere kan wees. Mnr. Sarel Opperman, groothandelbemarker van Afgri Equipment, vertel meer oor die waarde wat die JCB-telelaaier op jou plaas kan toevoeg.

Mnr. Theo Vorster, ekonoom en uitvoerende hoof van Galileo Capital, vertel meer oor die verskillende toepassings van tegnologie in die landbou en hoe selfs nuwe toetreders tot die mark voordeel uit nuwe tegnologie kan put.

Landbou.com se virtuele veearts, dr. Faffa Malan, gee meer inligting oor muskiet- en muggietyd, en die virussiektes, soos knopvelsiekte, slenkdalkoors en driedaestywesiekte, wat daarmee gepaardgaan.

In dié week se uitdaging probeer die aanbieder, Ivor Price, om ’n bul se saad te tap – beslis die kyk werd!

‘Die kaviaar van beesvleis’

In episode vier van Landbouweekliks leer Ivor Price hoekom Wagyubeesvleis van die eksklusiefste vleis ter wêreld is.

Hy en die Landbouweekliks-span besoek Brian Angus by Arlington in die Oos-Vrystaat om uit te vind hoekom dié beesras so besonders is en hoe Brian-hulle die volledige waardeketting bestuur. ’n Interessante uitdaging lê ook weer vir Ivor voor – dié keer leer hy ’n bul van nader ken…

Van Netwerk24

Vodacom Bulls team to face Cell C Sharks in Polkwane

Vodacom Bulls coach, John Mitchell, named an exciting 26 man squad for the trip to Polokwane, but has not included Lood de Jager, Jesse Kriel, Handre Pollard or Warrick Gelant, who all toured with the Springboks to Europe in November.

There will also be a return to action for former Springbok captain, Adriaan Strauss. The hooker made a successful comeback to rugby for the Barbarians in November last year after a lay-off following the 2017 Vodacom Super Rugby season.

The match at the Peter Mokaba Stadium kicks off at 18h00 on Saturday.

The squad for Polokwane is: Divan Rossouw, Travis Ismaiel, Johnny Kotze, Burger Odendaal (c), Jade Stighling, Manie Libbok, Embrose Papier, Hanro Liebenberg, Thembelani Bholi, Marco van Staden, Aston Fortuin, Ruben van Heerden, Frans van Wyk, Adriaan Strauss, Lizo Gqoboka. Replacements: Jaco Visagie, Pierre Schoeman, Conraad van Vuuren, Eli Snyman, Jano Venter, Roelof Smit, Andre Warner, Marnitz Boshoff, Franco Naude, Jamba Ulengo, Duncan Matthews.

 

Vodacom Blue Bulls Team to Face Emirates Lions

Boom Prinsloo will lead the Vodacom Blue Bulls team that will travel to Johannesburg to face the Emirates Lions in a warm-up match at Emirates Airline Park that kicks-off at 15h00.

Coach David Manual included a number of players with Vodacom Super Rugby experience in the squad, including the likes of Ulrich Beyers, Dries Swanepoel, Abongile Nonkontwana and Edgar Marutlulle, but will also give playing opportunities to a number of exciting youngsters that excelled in the Vodacom Blue Bulls age group teams last year.

The squad to travel to Johannesburg is: Ulrich Beyers, Irvin Ali, Dries Swanepoel, Heino Bezuidenhout, Andell Loubser, Tony Jantjies, Ginter Smuts, Boom Prinsloo (c), Rickert Korff, Shaun Adendorff, Abongile Nonkontwana, Ewan Coetzee, Matthys Basson, Edgar Marutlulle, Dewald Maritz. Replacements: Nqoba Mxoli, John-Roy Jenkinson, Simphiwe Matanzima, Thomas Meyer, Pieter Diergaardt, Adre Smit, Oderich Mouton, Vaughen Isaacs, Lian du Toit, Garrick Matthews, Jerome Bossr, Christiaan Strydom, Earll Douwrie, Gareth Heidtmann.

MERKWAARDIGE BOERE, BUITENGEWONE STORIES

VIA en Landbouweekblad snoer kragte saam met nuwe TV-program

‘Beleef boere soos jy hulle nog nooit voorheen beleef het nie’

Kom reis saam na van Suid-Afrika se beste boere saam met Landbouweekblad, Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif. Dié boere bepaal die agenda en dink nuut en só los hulle ook van die land se grootste probleme op. Hulle is groot boere, klein boere, manlike boere, vroulike boere, wit, swart en bruin. En dan is daar natuurlik ook die groot masjiene, pragtige diere en indrukwekkende boorde en landerye!

VIA se nuwe program, Landbouweekliks, gaan nie net lig werp op die tegniese aspekte van landbou nie, maar ook op die boere se visie en lewenspad. Kenners gaan ook elke week raad en inligting oor spesifieke onderwerpe deel, en Landbouweekblad se redakteur en ’n paar joernaliste gaan ook te sien wees. Dié program is ’n vennootskap tussen VIA en Landbouweekblad, Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Landbouweekliks begin op Dinsdag 9 Januarie 2018 om 19:30 eksklusief op die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147).

Die geliefde radio- en TV-persoonlikheid Ivor Price reis in elke episode na plase regoor Suid-Afrika. Hy ontmoet besonderse boere met hope entoesiasme vir die landboubedryf, sowel as die span mense wat saamwerk om die boerdery vorentoe te neem. Soos die Laeveldse boer Milaan Thal- witzer in die eerste episode sê: “Jy kan nie ’n besigheid bestuur en bedryf as jy nie goeie werkers het nie. Daarom gaan ons uit ons pad om vir ons werkers so veel voordele as moontlik te bied.”
‘Doen meer met minder’
“Ons boere is van die beste bestuurders in ons ekonomie,” sê Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad. “Nie net moet hulle ’n magdom veranderlikes, soos die weer en die wisselkoers (wat grootliks buite hulle beheer is) suksesvol bestuur nie, maar hulle moet ook met vernuwende oplossings vorendag kom vir byna onoorkombare probleme. Een daarvan is dat hulle insetkoste gewoonlik vinniger styg as die prys van die produkte wat hulle produseer. Hulle moet die heeltyd nuut dink, nie net met hulle masjiene nie, maar ook in hulle koppe, om meer met minder te kan doen. Die resultaat is besonderse mense met ’n besonderse perspektief op die lewe wat gewone kykers sal verras en verstom. Beleef boere soos jy hulle nog nooit vantevore beleef het nie.”

Ivor besoek verskeie boerderye – van winter- en somergraan, vee, vrugte en wyn tot suksesvolle bemagtigingsprojekte. In Landbouweekliks rol Ivor ook sy moue op vir ’n bietjie handearbeid op die plaas. Dit sorg vir lekker humor én bied insig tot die daaglikse plaaslewe. Te midde van die harde werk, sweet en saamkuier leer ons hoe belangrik die landboubedryf werklik in Suid-Afrika is.

“VIA se leefstyl-inhoud bied die ideale platform vir ’n moderne landbouprogram wat klem lê op Suid-Afrikaners wat voluit boer,” sê Izelle Venter, VIA se kanaalhoof. “Die program sal nie net die
landbougemeenskap aan die hart gryp nie, maar ook gewone verbruikers wat graag wil verstaan waar hulle kos vandaan kom.”

Nuwe episodes van Landbouweekliks word elke Dinsdag om 19:30 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 17:30. Die twee seisoene van die program bestaan uit 26 episodes van ’n halfuur elk. Die program is ook op DStv Now beskikbaar.

Landbouweekliks word deur Brand Republic vervaardig en met trots ondersteun deur die hoofborg AFGRI en ook dié rolspelers in die landboubedryf: GWK, Monsanto (Dekalb SA), MSD, PSG en Hinterland.

Bly op die hoogte
• VIA se programroosters word in Afrikaanse koerante, Huisgenoot en tvplus gepubliseer en is ook op viatv.co.za en dstv.com beskikbaar. Volg VIA TV op Facebook en @viatv op Instagram om op hoogte te bly van programnuus.
• Besoek Landbou.com vir nog inligting oor die boere en plase.
• Vir nog besonderhede oor VIA se programme of aanbieders, stuur e-pos aan Saskia Hill by saskia.hill@media24.com of besoek viatv.co.za.

VODACOM BULLS ANNOUNCE EXCITING 38 MAN SQUAD

Vodacom Bulls head coach, John Mitchell, on Monday named 38 players as well the leadership for the 2018 Vodacom Super Rugby season. The coach named midfielder, Burger Odendaal and loose forward, Nic de Jager, as co-captains.

 

The squad is made up out of 21 forwards and 17 backs, with 11 of those being Springboks and furthermore includes a host of Junior Springboks.  Springbok Sevens forward Tim Agaba has also been included and will join the squad after the Blitzboks return from tournaments in Sydney and Hamilton.

 

Only a handful of players do not have any Vodacom Super Rugby experience, among those outside back Divan Rossouw, midfielder JT Jackson, flyhalf Manie Libbok, scrumhalf Embrose Papier and lock Aston Fortuin.

 

The Vodacom Bulls will be involved in 2 warmup matches this weekend as they take on the Cell C Sharks in Polokwane on Saturday at 18h00, and the Emirates Lions in Johannesburg earlier at 15h00.

“We have made tremendous progress with our processes over the last couple of months and we will be ready for whatever comes our way during Super Rugby 2018,” said Mitchell

 

“I don’t want to make any promises on how the team will perform this year, we will be solely focussed on the process.  It’s about marginal gains for us, stacking good stuff on good stuff daily as we continue to ensure excellence.  It’s not about the end but rather the daily effort combined at the end.  Our purpose is to fill Loftus and put smiles on people’s faces.  We will be working very hard to achieve that.”

 

“I am confident that we have worked smartly and laid a solid foundation. This squad will develop and improve and one needs to be realistic about it, but we are all in agreement about the way forward.  We will be connected, we want to be respected and not just liked and therefore one of our main focus areas during this process will be to remain honest and never forget to enjoy it and have fun.  We want to serve our fans, supporters, shareholders and sponsors – we want to earn back their respect and get the Vodacom Bulls to bind us together as one.”

 

The Vodacom Bulls Super Rugby squad is:

Outside Backs: Warrick Gelant, Duncan Matthews, Travis Ismaiel, Jamba Ulengo, Jade Stighling, Divan Rossouw.

Midfielders: Burger Odendaal, JT Jackson, Francois Brummer, Jesse Kriel, Johnny Kotze

Flyhalves: Handre Pollard, Marnitz Boshoff, Manie Libbok

Halfbacks: Ivan van Zyl, Andre Warner, Embrose Papier

Loose Forwards: Roelof Smit, Ruan Steenkamp, Hendre Stassen, Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, Nic de Jager, Tim Agaba.

Locks: Jason Jenkins, Ruben van Heerden, RG Snyman, Lood de Jager, Aston Fortuin.

Props: Pierre Schoeman, Conraad van Vuuren, Frans van Wyk, Matthys Basson, Lizo Gqoboka, Trevor Nyakane.

Hookers: Jaco Visagie, Adriaan Strauss, Edgar Marutlulle

 

NOTE: The BBCo would also like to confirm that we have parted ways with loose forward Jacques Potgieter after lengthy discussions on his future. Potgieter has decided not to partake in Vodacom Super Rugby during 2018, and rather take a sabbatical to focus on his family and spend time with his wife, boy and soon to be born twins.  We would like to sincerely thank him for his contributions to the team both on and off the field, and wish him well with his future endeavours. He will make an announcement later in the year regarding his future.

Landbouweekliks kuier by suksesvolle Drakensberger-boer

In die tweede episode van Landbouweekliks besoek aanbieder Ivor Price die plaas Quaggafontein naby Zastron om uit te vind hoe dr. Liesel Foster haar Drakensberger-boerdery op wetenskaplike wyse benader.

 

Om winsgewend in dié marginale beeswêreld in die Suid-Vrystaat te boer, verg groot vaardigheid en fyn beplanning. Foster het in haar doktorale navorsing gevind dat die insluiting van natuurlike proteïene in ’n winterlik nie ekonomies regverdigbaar is nie en op so ’n manier behaal sy besparings op wetenskaplike manier.
Foster, ’n voormalige finalis in Voermol se Beesboer van die Jaar-kompetisie, vertel dat mense aanvanklik skepties was oor haar vermoë as beesboer, maar dat baie van mening verander het namate sy haar plek in die gemeenskap volgestaan het.

Dit is vir haar ook belangrik dat sy alles op die plaas kan doen wat haar werkers doen. “Dit was vir my belangrik dat mense na my opkyk. Ek sal hulle nooit vra om iets te doen wat ek nie self bereid is om te doen nie.”
Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, gesels ook in dié episode met mnr. Richardt Venter van AGSCI oor meetbare standaarde vir voergehalte en hoe boere dit kan verbeter. Lucille Botha vra mnr. Ronald King van PSG hoe boere kan beplan om vir hul kinders se opvoeding te betaal, terwyl kykers in die meganisasie-segment meer
kan leer oor John Deere se 8245-trekker en 1725-lugdrukplanter.
Gerrit Bezuidenhout vind by mnr. Arthur Schroder, produkbestuurder by Monsanto, uit hoe saadmaatskappye geelmieliebasters ontwikkel en teel. Die bekende veearts dr. Faffa Malan van Vra vir Faffa-faam gee raad oor hoe boere parasiete by inheemse beesrasse kan bestuur.

Terug op Quaggafontein moet Ivor probeer om ’n jong kalf te vang, te weeg en te merk – met skreeusnaakse gevolge!
Nuwe episodes van Landbouweekliks word elke Dinsdag om 19:30 uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 17:30. Die reeks bestaan uit 26 episodes van ’n halfuur elk. Die program is ook op DStv Now beskikbaar. Landbouweekliks word deur Brand Republic vervaardig en met trots geborg deur Afgri, GWK, Monsanto (Dekalb), PSG, MSD en Hinterland.