Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Madelé Ferreira

Madelé Ferreira is die dryfveer agter die Mooihoek-aarbeiplaas naby Hankey in die Oos-Kaap. Sy en haar man ken van klippe kou, maar nie van terugstaan vir enige uitdaging nie. Aarbeie word heeljaar aan plaaslike en internasionale markte voorsien.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dian Landman

Dian Landman is 2023 se Jongboer van die Jaar in die Oos-Kaap. Lactimar is ‘n groot suiwelboerdery in die Tsitsikamma, wat tot 3 500 koeie melk. Tydens ons besoek het bek-en-klouseer skaars 6 km van sy grensdraad gedreig.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Pieter en Johan Willemse

Die identiese broers, Pieter en Johan Willemse, is gedugte besigheidsvennote. Die manne het onder begin, maar vandag word Jireh Foods se kaas landswyd deur ‘n kettingwinkelgroep versprei, en varke benut die afvalproduk, wei, in hul voermengsel.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal

Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is ‘n seunsskool waarvan die toutrekspan vir die derde agtereenvolgende jaar die Wêreldbeker oorsee verower het. Die skool is 96 jaar oud, en hier leef baie tradisies voort…

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!