Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Steyn Steenekamp

Top genetika is Steyn Steenekamp se fokus wat met skape tussen Venterstad en Burgersdorp in die Oos-Kaap boer. Twee stoeterye word in vennootskap met ander partye bedryf – Twee Neefs Dohne Merino’s en Graskaroo Dormers.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Van Aardt Greyling

Van Aardt Greyling is die vyfde geslag wat op Ricksuhill tussen Dordrecht en Lady Grey boer en hulle lewer reeds vir 40 jaar genetika aan die veebedryf. Hy bestempel die gebied as ‘n goeie, gesonde vee-area, met vleismerino’s en Brafords wat hier gedy.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gog van der Colff

Vir Gog van der Colff blyk niks onmoontlik te wees nie. Die Van der Colff-groep verbou tafeldruiwe, rosyne en cannabis organies naby Upington, Noord-Kaap, én VDC Raisins verpak en versprei ook ander boere se rosyne. Die wildsonderneming in Noordwes is die jongste toevoeging.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Gog van der Colff

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Robbie Meintjes

Robbie Meintjes (86) van naby Griekwastad in die Noord-Kaap is die eienaar van die oudste prestasiegetoetse Dorper-stoetery in Suid-Afrika. Hy pas dieselfde sorgvuldige dataversameling op sy Braunviehs toe, selfs al word die beeste nie as ‘n stoet bedryf nie.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Robbie Meintjes Skape

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Tommie van Zyl

Ons kuier by Suid-Afrika se tamatiereus, ZZ2, in Mooketsi, Limpopo, en gesels met die uitvoerende hoof, Tommie van Zyl, oor die filosofie wat hierdie maatskappy en sy internasionale netwerke rig vir ‘n hoopvolle toekoms.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!