Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Anthony Goble

In die dekade sedert Anthony Goble as Jongboer van die Jaar aangewys is, het niks stilgestaan nie. Waar daar eers net suikerriet op Evelyn Park, noord van Ballito in KZN was, is daar nou ook makadamias en piesangs, soms selfs in dieselfde blok.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Acht Farming

Ons kuier by Herman Malan, sy dogter Hanna-mari en skoonseun, Christof Opperman. Acht Farming by Patensie in die Oos-Kaap verbou komkommers en soetrissies in tonnels en kweekhuise, en natuurlik sitrus waarvoor die Gamtoos-vallei bekend is.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met De Rustica

De Rustica is weer in die kollig vir sy olyfolie met ‘n plek in die top 10 ter wêreld. Dié landgoed by De Rust in die Wes-Kaap, het in 2023 álmal uitgestof en die eerste plek behaal, ‘n ware pluimpie vir Suid-Afrika. Hier word ook met skape geboer.

 

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Chris Isted

Chris Isted is ‘n vyfdegeslagboer, sakeman, en planmaker in die Barkly-Oos-distrik van die Oos-Kaap. In dié soms sneeubedekte berge is kommunikasie belangrik en een van Chris se besighede sorg dat ander plase ook in verbinding bly.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dwayne Kaschula

Die Nasionale Jongboer van die Jaar, Dwayne Kaschula, het markte ontgin in die ou Transkei, en van 16-jarige plaaswerker sy boerdery uitgebou tot ‘n onderneming met verskeie stewige vertakkings, naby Maclear, oftewel Nqanqarhu, in die Oos-Kaap.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!