AFGRI Grain Management Kennisgewing: AFGRI Grain Management-2020/2021 Graandienste tariewe en Bedryfsreëlings

AFGRI Grain Management-2020/2021 Graandienste tariewe en Bedryfsreëlings vir die volgende provinsies:

• Vrystaat

• Mpumalanga en Gauteng

• Limpopo

• Noordwes

• Natal

 

Geagte Belanghebbende

 

Vertrou dat dit goed gaan met u en dat u en u gesin gesond en veilig is.

 

Met hierdie skrywe gee AFGRI Grain Management amptelik kennis van:

 

1. Tariefstrukture:

a) Graanhantering;

b) Graanopberging;

c) Graandienste; en

 

2. Bedryfsreëlings:

Vir Somergraan-2020/2021 bemarkingseisoen:

• Sonneblom/Sojabone: 1 Maart 2020 tot 28 Februarie 2021

• Mielies/Sorghum: 1 Mei 2020 tot 30 April 2021

 

Ons herinner u ook daaraan dat die “Standaard hantering en opbergingsvoorwaardes” van toepassing is op alle graan wat by AFGRI-graanfasiliteite ontvang en opgeberg word en vorm saam met hierdie skrywe die geheel ooreenkoms. Hierdie voorwaardes is elektronies op die AFGRI-webblad beskikbaar en by u naaste Silobestuurder asook by AFGRI-hoofkantoor te Centurion (011-0632311 Marlene Momberg).

 

COVID-19 het oornag die wêreld en ons lewenswyse verander. In hierdie onsekere tye is dit belangrik om aan te hou om dienste aan ons kliënte te lewer. Ons volg die aanbevelings van die Wêreld Gesondheids Organisasie (WGO), omdat ons daarna streef om ons kliënte en ons personeel te beskerm.

 

AFGRI Grain Management wil u verseker van ons volgehoue goeie dienslewering en is ons enige tyd beskikbaar om na voorstelle te luister om diensvlakke te verbeter. Skakel gerus u naaste Silobestuurder.

 

Dit is vir ons belangrik dat u die beste diens by AFGRI-graanfasiliteite sal ervaar en word u ‘n voorspoedige oestyd toegewens.

 

Vir enige verder navrae verwys ons u na www.afgri.co.za en of kontak u naaste Silobestuurder.

 

Vriendelike groete

 

Jerry Maritz

Besturende Direkteur: AFGRI Grain Management