Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Japie Nel
Japie Nel van Cloudskraal naby Nieuwoudtville in die Noord-Kaap se familie is al meer as 200 jaar hier tuis. Dié omgewing se unieke klimaat is ideaal vir rooibos en wyndruiwe met kenmerkende eienskappe.
Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!