Van_Aardt_Greyling

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Van Aardt Greyling

Van Aardt Greyling is die vyfde geslag wat op Ricksuhill tussen Dordrecht en Lady Grey boer en hulle lewer reeds vir 40 jaar genetika aan die veebedryf. Hy bestempel die gebied as ‘n goeie, gesonde vee-area, met vleismerino’s en Brafords wat hier gedy.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!