Kliente kennisgewing: Status van die Land Bank

In April 2020 het ek u op hoogte gebring van die posisie waarin die Land Bank hulle tans bevind. Ek het onderneem om u op hoogte te hou van verwikkelinge, en versoek graag dat u die tyd sal neem om hierdie belangrike inligting te lees waarin ‘n paar nuwe verwikkelinge  bespreek word. Soos altyd bly UNIGRO daartoe verbind om alles in sy vermoë doen om te verseker dat ons kliënte se behoeftes aangespreek word, selfs in moeilike situasies.

Agtergrond

Moody’s Investor Service (“Moody’s”) het op 21 Januarie 2020 die afgradering van die Land Bank se uitreikersgradering van Baa3 na Ba1 aangekondig, en die langtermyn-gradering van die uitreikersgradering van Aa1 na Aa3 op soewereine vlak. Na Moody se daaropvolgende afgradering van die soewereine kredietgradering van Suid-Afrika op 27 Maart 2020, is nog ‘n afwaartse gradering toegepas ten opsigte van alle staatsondernemings, insluitend die Land Bank, wat beteken dat die bank se uitreikersgradering van Ba1 na Ba2 afgegradeer is.

Soos  bo uiteengesit, het hierdie gebeure ‘n beduidende impak op die likiditeitsposisie en kontantvloei van die Land Bank gehad. Dit het daartoe gelei dat die Bank nie onmiddellike verpligtinge kon nakom om ‘n terugbetaling aan een van sy kredietverskaffers te vereffen nie. Die gevolg is was wanbetaling. Die Bank het destyds aangedui dat hulle in gesprek en onderhandeling met die betrokke instansie was om kwytskelding en verlenging van die terugbetalingsdatum te onderhandel. Hierdie konsultasies is na ons wete nie nog nie afgehandel nie.

Soos voorheen genoem, kan enige moontlike wanbetaling van die Bank hulle vermoë om finansiering te bekom, bemoelik. Die onvermoë van die Land Bank om finansiering te onderhandel,  sou dan uitbetalingsverpligtinge ten opsigte van diensvlakooreenkomste benadeel. Dit kan ‘n negatiewe uitwerking hê op UNIGRO se vermoë om deur finansieringsooreenkomste, likiditeit aan boere te bied.

Huidige situasie

UNIGRO en die Bank het sedert 2011 ‘n noemenswaardige vennootskap deur middel van ‘n Diensvlakooreenkoms, wat ons in staat gestel het om verskeie vergaderings met die Bank te hou voordat hierdie situasie ontstaan het, en tydens die hele krisis in voortdurende kontak met belanghebbendes te bly.

Sover UNIGRO bewus is, het die R3 miljard wat deur die Regering goedgekeur is, nog nie gerealiseer nie.  As gevolg van bogenoemde is die wanbetalings situasie nog nie deur die bank reggestel nie, en derhalwe ‘n negatiewe impak op UNIGRO en ons vermoë om ten volle aan ons klante se behoeftes te voldoen.

Ons het derhalwe proaktief begin om met alternatiewe befondsers te onderhandel en is tans in die proses om ‘n maksimum bedrag van R2 miljard korttermynfinansiering, R7 miljard ten opsigte van

langtermynfinansiering, asook addisionele korttermyn en ander befondsing te verkry, om sodoende die impak van hierdie krisis te probeer versag.

UNIGRO sal in die toekoms verseker dat ons eie finansieringslyne gediversifiseer word, om sodoende risiko vir ons klante te beperk, selfs al sou die R3 miljard van die regering ontvang word deur die Land Bank.

Vanweë die omvang van die finansiering en in die huidige ekonomiese klimaat, neem hierdie onderhandelinge egter langer as wat verwag is.  Dit beteken egter dat UNIGRO uitbetalings aan boere  moontlik teen ‘n stadiger pas kan plaasvind  tot tyd en wyl likiditeit herstel word en die Land Bank hul verpligtinge ten opsigte van ons Diensvlakooreenkoms kan nakom.

Ons vra u begrip in hierdie verband en verwag dat nuwe finansiering teen die einde van die jaar in plek sal wees.

Ek versoek u om asseblief in kontak met u verhoudingsbestuurder te bly, want gegewe die klimaat van onsekerheid kan die situasie op baie kort kennisgewing verander.

Laastens, baie dankie vir u volgehoue ondersteuning aan UNIGRO en die AFGRI Groep.  Intussen skakel asseblief met u verhoudingsbestuurder vir opdaterings, maar sodra ons meer duidelikheid het oor die verwikkelinge rakende die Bank, kommunikeer ek weer met u.

Saam sal ons hierdie ongekende tyd in ons land oorkom.

Ross Simmonds
Besturende Direkteur: UNIGRO