Kom kuier by die 89ste Swartlandskou!

Vanjaar word die 89ste Swartlandskou te Moorreesburg aangebied, tussen 6 en 9 September 2023. Hier is ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vir die hele familie. ‘n Landbouseminaar vir pa, damesdag vir ma, jeugskou vir die jonges en selfs ‘n troetelhoek met plaasdiere vir die kleingoed. Wat jy nie moet vergeet nie, is om by AFGRI se standplaas ‘n draai te maak (naby Hek A), waar jy kan skouers skuur met veevoerspesialiste, toerustingkenners, en vele ander kundiges wat jou kan help.