SOJABOON LEWERINGS 2020

Geagte AFGRI Kliënt,

 

Vertrou dit gaan goed en dat u veilig is!

 

In tye van onsekerheid word karakter beproef. Sedert 26 Maart om 23:59 het besigheidsomstandighede ingrypend verander. AFGRI Grain Management steef daarna om in die “unusual” omstandighede steeds sy waardes uit te leef.

 

Baie dankie vir produsente se openlikheid wat direk met ons gekommunikeer het en ook deur GraanSA. Dit het onder ons aandag gekom dat daar onsekerheid by sojaboon produsente bestaan oor die hantering van sojaboon vog basis en hanteringsverlies met lewering vir die 2020 leweringseisoen by AFGRI leweringspunte.

 

Ons verhouding met klante is belangrik en wil ons nie die lewerings seisoen met onsekerhede afskop nie. Hiermee word bevestig dat die hantering van sojaboon vog basis en hanteringsverlies op dieselfde basis hanteer gaan word in die 2020 leweringseisoen by AFGRI leweringspunte as op die vorige seisoen. Die nodige regstellings sal gemaak word waar van toepassing.

 

Vir enige verder navrae verwys ons u na www.afgri.co.za en of kontak u naaste Silobestuurder.

 

Jerry Maritz

Besturende Direkteur: AFGRI Grain Management