Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Richard Godfree-Thom

‘n Jongman met ‘n groot passie vir katoen, dis Richard Godfree-Thom buite Hartswater, Noord-Kaap. Sy navorsing en volgehoue proewe maak van hom ‘n leier; nie net in die streek nie, maar ook in die breër katoenbedryf.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met RC Malherbe

RC Malherbe bedryf saam met sy pa en broer ‘n gemengde boerdery op Graslaagte by Hertzogville in die Wes-Vrystaat. Buiten die gesaaides is hier vele stoeterye: Suffolks en Vleismerino’s en die bekroonde Roechama Angus-stoetkudde.

Kyk Dinsdag @landbouweekliks om 18:00 op @viatv.

 

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Heiko Gevers

Heiko Gevers, die 2023 KZN Jongboer van die Jaar, se onberispelike organisasievermoë en detailgedrewe benadering laat hom vooruit boer naby Lüneburg. Die hoofvertakking is bosbou, maar hier is ook mielies, sojabone en beeste.

Kyk Dinsdag @landbouweekliks om 18:00 op @viatv.

https://www.landbou.com/landbou/Landbouweekliks/kyk-heiko-gevers-is-die-week-op-landbouweekliks-20240311