Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hannes Bruwer

Ons kuier naby Hopetown by die bekende Genade-boerdery. Hannes Bruwer is die Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2024 en verantwoordelik vir die logistiek, insetaankope en kunsmisprogramme by dié familiebesproeiingsboerdery.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Attie Scholtz

Ons kuier by Attie Scholtz van Vaallus Estate buite Douglas, Noord-Kaap. By hierdie besproeiingsboerdery word planne voortdurend gemaak, onder meer wal gooi teen vloedskade, en kompos uit vrugbare slikneerslae.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Valeska van Schoor

Valeska van Schoor, Gauteng se Jongboer vir 2024, het van kleins af ‘n kop vir besigheid. Sy het Gro4Africa, ‘n groenteboerdery naby Rayton, van niks af begin, met die ondersteuning van haar man Stefan, wat onlangs voltyds by die boerdery aangesluit het.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!