Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dean Barnard

Dean Barnard boer naby George by Waboomskraal. Hierdie Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar is net so openhartig oor geestesgesondheid en sy eie moeilike pad tot hier, as wat hy uitmuntend boer, en spog ook met die wêreld se grootste pruim op rekord. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks […]

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gerrie Ferreira

Gerrie Ferreira van Chandelier buite Oudtshoorn in die Wes-Kaap voer al vir 30 jaar top genetika uit. Hy is ‘n man met ‘n passie vir sy voortreflike Boerbokke én die Karoo-veld, en deel dit graag met toeriste wat ‘n unieke wildervaring soek. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie […]

Claire Evans-Anderson

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Claire Evans-Anderson

Die Rhys Evans-groep by Viljoenskroon in die Vrystaat se Huntersvlei Sussex-stoetery vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar. Claire Evans-Anderson is aan die stuur van hierdie diverse onderneming, wat ook met gesaaides, ‘n voerkraal en abattoir spog. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Jan Grey

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jan Grey

Jan Grey van Janvos-landgoed naby Davel in Mpumalanga glo in diversifisering, elke afdeling doelgerig met geen kruissubsidiëring tussen hulle nie. Dit vind gestalte in onder meer appels, ‘n melkery, gesaaides en ‘n Boran-stoetery. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Steyn Steenekamp

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Steyn Steenekamp

Top genetika is Steyn Steenekamp se fokus wat met skape tussen Venterstad en Burgersdorp in die Oos-Kaap boer. Twee stoeterye word in vennootskap met ander partye bedryf – Twee Neefs Dohne Merino’s en Graskaroo Dormers. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Van_Aardt_Greyling

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Van Aardt Greyling

Van Aardt Greyling is die vyfde geslag wat op Ricksuhill tussen Dordrecht en Lady Grey boer en hulle lewer reeds vir 40 jaar genetika aan die veebedryf. Hy bestempel die gebied as ‘n goeie, gesonde vee-area, met vleismerino’s en Brafords wat hier gedy. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks […]