Entries by rokkitboy

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Attie Scholtz

Ons kuier by Attie Scholtz van Vaallus Estate buite Douglas, Noord-Kaap. By hierdie besproeiingsboerdery word planne voortdurend gemaak, onder meer wal gooi teen vloedskade, en kompos uit vrugbare slikneerslae. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Valeska van Schoor

Valeska van Schoor, Gauteng se Jongboer vir 2024, het van kleins af ‘n kop vir besigheid. Sy het Gro4Africa, ‘n groenteboerdery naby Rayton, van niks af begin, met die ondersteuning van haar man Stefan, wat onlangs voltyds by die boerdery aangesluit het. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie […]

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Albie Rautenbach

Langlyf Tuli’s by Reitz in die Oos-Vrystaat is die oudste stoetery van sy soort in SA en eienaar, Albie Rautenbach, het ‘n diep vertroue in die waarde wat basterkrag ontsluit. Sy belange strek egter veel wyer as boerdery, onder meer met eiendomsbeleggings oorsee. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks […]

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Johannes Potgieter

Johannes Potgieter van Rietkuil (Delmas-distrik, Mpumalanga) het homself in landbou verdiep met sy opbergingsfasiliteit wat buiten sy eie graan ook dié van ander boere stoor. Hy is ook Suid-Afrika se kampioen-tydrenjaer… Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!  

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Paul Collett

Paul Collett van Speelmanskop naby Cradock in die Oos-Kaap is ‘n herlewingslandbouer in murg en been. Sy oogmerk is om deurgaans ‘n geïntegreerde, gebalanseerde omgewing te skep waar grond, gewasse, lewendehawe en mense gedy. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Niel Wilke

Niel Wilke van Glentana in die Somerset-Oos-distrik van die Oos-Kaap is die MPO se Rentmeester-kampioen vir 2023. Vir hom is volhoubaarheid gelyk aan winsgewendheid en omgee vir mens, omgewing, en natuurlik sy diere. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met JJ de Nysschen

JJ de Nysschen boer in Letsitele, Limpopo. Daar heers ‘n hegte band tussen pa Koos en hierdie voormalige jongboer van dié provinsie, wat woeker met sitrus en braaihoenders, en ook beeste en wild. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!