Entries by rokkitboy

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Niel Wilke

Niel Wilke van Glentana in die Somerset-Oos-distrik van die Oos-Kaap is die MPO se Rentmeester-kampioen vir 2023. Vir hom is volhoubaarheid gelyk aan winsgewendheid en omgee vir mens, omgewing, en natuurlik sy diere. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met JJ de Nysschen

JJ de Nysschen boer in Letsitele, Limpopo. Daar heers ‘n hegte band tussen pa Koos en hierdie voormalige jongboer van dié provinsie, wat woeker met sitrus en braaihoenders, en ook beeste en wild. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Madelé Ferreira

Madelé Ferreira is die dryfveer agter die Mooihoek-aarbeiplaas naby Hankey in die Oos-Kaap. Sy en haar man ken van klippe kou, maar nie van terugstaan vir enige uitdaging nie. Aarbeie word heeljaar aan plaaslike en internasionale markte voorsien. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dian Landman

Dian Landman is 2023 se Jongboer van die Jaar in die Oos-Kaap. Lactimar is ‘n groot suiwelboerdery in die Tsitsikamma, wat tot 3 500 koeie melk. Tydens ons besoek het bek-en-klouseer skaars 6 km van sy grensdraad gedreig.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Pieter en Johan Willemse

Die identiese broers, Pieter en Johan Willemse, is gedugte besigheidsvennote. Die manne het onder begin, maar vandag word Jireh Foods se kaas landswyd deur ‘n kettingwinkelgroep versprei, en varke benut die afvalproduk, wei, in hul voermengsel. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Tienie Bamberger

Tienie Bamberger bedryf Warthog Safaris naby Lephalale in Limpopo. Hy het ‘n kwarteeu gelede sy eerste kliënte oorsee gaan verwerf, vóór hy enige wild besit het. Vandag is hy WRSA se Wildboer van die Jaar. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Kobus Pieters

Kobus Pieters van Hazyview het die gholfbaan vir makadamiaboorde verruil en is Mpumalanga se Jongboer vir 2024. Dié ambisieuse sakeman is by die verwerking en ook uitvoere vir ander produsente betrokke, en bedryf selfs ‘n gastehuis by Big 5 Macs. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop […]