Hanri & SW Roeland

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hanri en SW Roeland

SW Roeland boer saam met sy dogter, Hanri, op die familieplaas, Middenin, naby Vrede in die Oos-Vrystaat. Hulle is ‘n gedugte span met hul gemengde boerdery se gesaaides en vee met ‘n jaarlikse produksieveiling. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Andries Els

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Andries Els

Andries Els bedryf ‘n uitgebreide gemengde boerdery buite Bothaville in die Vrystaat. Vogbestuur kry voorrang, en die kans om waarde toe te voeg word nie ontsien nie. Andries het ook vroeg in sy loopbaan met sy eerste Safex-verhandelingsnommer ‘n omwenteling ervaar. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week […]

Kobus Beyers

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Kobus Beyers

Noordwes se Jongboer vir 2024 is Kobus Beyers. Hy en sy broer bedryf Al-Cor-boerdery naby Makwassie. Hier is vee en gesaaides, en ‘n geskiedenis van hoe om ‘n trust sagkens te ontbondel, tot voordeel van alle partye in ‘n familieboerdery. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop […]

Louwrens Viljoen

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Louwrens Viljoen

Louwrens Viljoen boer ‘n klipgooi van die Lesotho-grens, naby Clocolan in die Oos-Vrystaat. Een van sy bulle uit die Louwcoe Charolais-stoet het skoonskip gemaak by vanjaar se Vleissentraal SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas.     Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Julie Hobson

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Julie Hobson

Julie Hobson, die Karoo se ‘cowgirl’, is ‘n merkwaardige vrou en ’n vars bries in die landboutoerismebedryf. Haar onderneming, Karoo Ranching, is op die plaas Elandskloof naby Graaff-Reinet. Sy beywer haar ook vir waardetoevoeging op natuurlike vesels. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Athur Rudman

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Arthur Rudman

Arthur Rudman is ‘n bewese sakeman, en sy wildonderneming, Blaauwkrantz Safaris word deur die Rudman-familie bedryf. Maar dis nie net wild wat hoogty vier naby Kirkwood in die Oos-Kaap nie. Angoras is ook een van Arthur se groot liefdes. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!