Die week op Landbouweekliks | Kom kuier by Glen Aggy Agri

Landbouweekliks kuier hierdie week by Glen Aggy Agri naby Amsterdam in Mpumalanga. Die familie-onderneming is binne die rooivleiswaardetting verdiep en Glen Vleis – ‘n slaghuis op die plaas – het onlangs sy 30ste bestaansjaar gevier. Die boerdery sluit vier gesinne in, pa André Grobbelaar en ma Carol, en hul drie kinders wat werksaam is saam met hul gades.

Kyk saam, Dinsdag om 17:30 op VIA TV.