Die week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dawie du Plessis

Die Landbouweekliks-span kuier hierdie week in die Swartberg-omgewing van KwaZulu-Natal. Dawie du Plessis bedryf sy Magmar Beefmaster-stoetery, ‘n skaapvertakking en gesaaides naby die Lesotho-grens, en danksy slim samewerking in die gemeenskap kon hulle veediefstal – wat eens ‘n reuse probleem was – onder beheer bring. Dawie is ook ‘n mentor vir sy buurman, Luvuyo Mbutho, met wie die Du Plessis-gesin ‘n hegte verhouding het.

Kyk Dinsdag om 17:30 op VIA TV