Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gerrie Ferreira
Gerrie Ferreira van Chandelier buite Oudtshoorn in die Wes-Kaap voer al vir 30 jaar top genetika uit. Hy is ‘n man met ‘n passie vir sy voortreflike Boerbokke én die Karoo-veld, en deel dit graag met toeriste wat ‘n unieke wildervaring soek.
Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!