Landbank diensvlak-ooreenkoms kommunikasie

Brief om die terminasie van die Landbank oorgangstransaksie te verduidelik

Na aanleiding van ‘n besluit geneem deur die Landbank om nie die diensvlak-ooreenkoms (DVO) oorgangsperiode met UNIGRO na 30 September 2021 te verleng nie, het ons bewus geword dat UNIGRO kliënte onlangs ‘n eensydige kommunikasie van die Landbank via sms ontvang het. Dit is daarna opgevolg met ‘n 12-bladsy brief waarin kliënte instruksie gegee word hoe om vanaf 1 Oktober 2021 op te tree.

UNIGRO kan bevestig dat die Landbank die DVO getermineer het, maar UNIGRO was nie ingelig oor die inhoud van die kommunikasie uitgereik deur Landbank aan ons kliënte nie. Ons het egter nou die kommunikasie gesien en wil so gou moontlik sommige van die inhoud verduidelik, wat andersins tot groot verwarring vir alle partye in die toekoms kan lei. Ons het reeds ‘n MS Teams vergadering met van ons kliënte gehad, waar ons die terminasie van die Landbank oorgangstransaksie verduidelik het. Hierdie brief sal na ons kliënte databasis gestuur word.