LANDBOUWEEKBLAD: Kry langtermynplan vir volhoubare landbou

Planne vir die landbou haak te maklik by teenswoordige kwessies vas. Suid-Afrika behoort eerder ’n vyftigjaarplan vir voedselsekerheid te hê, sê mnr. Chris Venter, uitvoerende hoof van die multinasionale landbou-dienste-en-voedselgroep AFGRI.