Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Acht Farming

Ons kuier by Herman Malan, sy dogter Hanna-mari en skoonseun, Christof Opperman. Acht Farming by Patensie in die Oos-Kaap verbou komkommers en soetrissies in tonnels en kweekhuise, en natuurlik sitrus waarvoor die Gamtoos-vallei bekend is.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met De Rustica

De Rustica is weer in die kollig vir sy olyfolie met ‘n plek in die top 10 ter wêreld. Dié landgoed by De Rust in die Wes-Kaap, het in 2023 álmal uitgestof en die eerste plek behaal, ‘n ware pluimpie vir Suid-Afrika. Hier word ook met skape geboer.

 

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Chris Isted

Chris Isted is ‘n vyfdegeslagboer, sakeman, en planmaker in die Barkly-Oos-distrik van die Oos-Kaap. In dié soms sneeubedekte berge is kommunikasie belangrik en een van Chris se besighede sorg dat ander plase ook in verbinding bly.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dwayne Kaschula

Die Nasionale Jongboer van die Jaar, Dwayne Kaschula, het markte ontgin in die ou Transkei, en van 16-jarige plaaswerker sy boerdery uitgebou tot ‘n onderneming met verskeie stewige vertakkings, naby Maclear, oftewel Nqanqarhu, in die Oos-Kaap.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hendrik Cloete

Hendrik Cloete se skaapboerdery naby Loxton in die Noord-Kaap word beide ekstensief en intensief bestuur, met ‘n weldeurdagte voerstrategie en kampstelsels. Hendrik is ook lid van die Goraas-jongooiklub, en Merino’s is die hoofvertakking.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dries Wiese

Dries Wiese van Kasteel-boerdery naby Loxton in die Hardemanskaroo kén die waarde van vetstertskape. Hulle is bekend vir die gehalte genetika van die verskeie skaapstoeterye wat hy saam met sy seun, Pieter, bedryf.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Heinie du Toit

Vir die Du Toits en Hanekoms van Ceres Remhoogte-boerdery in die Koue Bokkeveld is spanwerk – sáám met hulle werkers – deurslaggewend. Volgens Heinie du Toit boer hulle onder meer met appels en uie as ‘n demonstrasie van God se koninkryk in landbou.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Japie Nel

Japie Nel van Cloudskraal naby Nieuwoudtville in die Noord-Kaap se familie is al meer as 200 jaar hier tuis. Dié omgewing se unieke klimaat is ideaal vir rooibos en wyndruiwe met kenmerkende eienskappe.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dean Barnard

Dean Barnard boer naby George by Waboomskraal. Hierdie Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar is net so openhartig oor geestesgesondheid en sy eie moeilike pad tot hier, as wat hy uitmuntend boer, en spog ook met die wêreld se grootste pruim op rekord.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gerrie Ferreira

Gerrie Ferreira van Chandelier buite Oudtshoorn in die Wes-Kaap voer al vir 30 jaar top genetika uit. Hy is ‘n man met ‘n passie vir sy voortreflike Boerbokke én die Karoo-veld, en deel dit graag met toeriste wat ‘n unieke wildervaring soek.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!