Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Christian Schlotfeldt
Christian Schlotfeldt boer in ’n marginale omgewing met beperkte water, wes van die Magaliesberge. Hier is beeste tussen wild in ‘n kombinasie van hoëdrukbeweiding, verskuifbare kampe, en ‘n onblusbare passie om die ekostelsels tot op hul optimale vlak te herstel.
Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!