Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Chris Isted

Chris Isted is ‘n vyfdegeslagboer, sakeman, en planmaker in die Barkly-Oos-distrik van die Oos-Kaap. In dié soms sneeubedekte berge is kommunikasie belangrik en een van Chris se besighede sorg dat ander plase ook in verbinding bly. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dwayne Kaschula

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dwayne Kaschula

Die Nasionale Jongboer van die Jaar, Dwayne Kaschula, het markte ontgin in die ou Transkei, en van 16-jarige plaaswerker sy boerdery uitgebou tot ‘n onderneming met verskeie stewige vertakkings, naby Maclear, oftewel Nqanqarhu, in die Oos-Kaap. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hendrik Cloete

Hendrik Cloete se skaapboerdery naby Loxton in die Noord-Kaap word beide ekstensief en intensief bestuur, met ‘n weldeurdagte voerstrategie en kampstelsels. Hendrik is ook lid van die Goraas-jongooiklub, en Merino’s is die hoofvertakking. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dries Wiese

Dries Wiese van Kasteel-boerdery naby Loxton in die Hardemanskaroo kén die waarde van vetstertskape. Hulle is bekend vir die gehalte genetika van die verskeie skaapstoeterye wat hy saam met sy seun, Pieter, bedryf. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!  

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Heinie du Toit

Vir die Du Toits en Hanekoms van Ceres Remhoogte-boerdery in die Koue Bokkeveld is spanwerk – sáám met hulle werkers – deurslaggewend. Volgens Heinie du Toit boer hulle onder meer met appels en uie as ‘n demonstrasie van God se koninkryk in landbou. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks […]

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Japie Nel

Japie Nel van Cloudskraal naby Nieuwoudtville in die Noord-Kaap se familie is al meer as 200 jaar hier tuis. Dié omgewing se unieke klimaat is ideaal vir rooibos en wyndruiwe met kenmerkende eienskappe. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!