UNIGRO en GroCapital skrap eAccounts-fooie tydens afsonderingsperiode

Geagte kliënt,

 

UNIGRO en GroCapital Finansiële Dienste se boekjaar eindig 31 Maart en dit is normaalweg in hierdie tyd wat ons fooi-aanpassings aan u deurgee. Vanjaar is egter alles behalwe normaal en dit het ons genoop om ‘n buitengewone besluit te neem.

 

Dit is vir UNIGRO en GroCapital Finansiële Dienste aangenaam om te kan aankondig dat ons eAccounts-fooie vir April 2020 opgeskort het weens die afsonderingsperiode teen COVID-19. Die implementering van ander fooiverhogings word uitgestel totdat die afsonderingsperiode verby is en die situasie na normaal teruggekeer het. Ons het begrip vir die erns van die situasie en die taak wat vir boere en voedselverwerkers voorlê om voort te gaan met voedselproduksie vir Suid-Afrika. Ons hoop hierdie gebaar sal van jou finansiële druk verlig. Die afskaffing van eAccount-fooie kan verleng word, sou die afsonderingsperiode langer as 21 dae duur, maar sal u tydig daarvan in kennis gestel word.

 

Dieselfde fooistruktuur sal van krag wees aan ons kliënte wat nog nie die eAccounts-stelsel gebruik nie en graag wil aansluit.

 

Ons gee om vir ons kliënte en vertrou dat u die nodige strukture in plek het om na u geliefdes, werknemers en belange om te sien om volgehoue voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker.

 

Dankie vir u ondersteuning en u verbintenis tot voedselproduksie in Suid-Afrika. Ons hoop die gratis gebruik van ons eAccounts-platform gedurende hierdie tyd sal u finansiële bestuur ‘n bietjie makliker maak.

 

Wees asseblief veilig gedurende hierdie tyd

 

Beste wense

 

Ross Simmonds

Besturende Direkteur, UNIGRO Financial Services