Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Attie Scholtz

Ons kuier by Attie Scholtz van Vaallus Estate buite Douglas, Noord-Kaap. By hierdie besproeiingsboerdery word planne voortdurend gemaak, onder meer wal gooi teen vloedskade, en kompos uit vrugbare slikneerslae.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Valeska van Schoor

Valeska van Schoor, Gauteng se Jongboer vir 2024, het van kleins af ‘n kop vir besigheid. Sy het Gro4Africa, ‘n groenteboerdery naby Rayton, van niks af begin, met die ondersteuning van haar man Stefan, wat onlangs voltyds by die boerdery aangesluit het.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Albie Rautenbach

Langlyf Tuli’s by Reitz in die Oos-Vrystaat is die oudste stoetery van sy soort in SA en eienaar, Albie Rautenbach, het ‘n diep vertroue in die waarde wat basterkrag ontsluit. Sy belange strek egter veel wyer as boerdery, onder meer met eiendomsbeleggings oorsee.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Des en Derick Erasmus

Die manne agter die ikoniese Jasmyn-padstal by Hartebeespoort, Des en Derick Erasmus, volg so ver moontlik biologiese boerderypraktyke in hulle suksesvolle groente- en suiwelboerdery en kleinhandelswinkel.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Johannes Potgieter

Johannes Potgieter van Rietkuil (Delmas-distrik, Mpumalanga) het homself in landbou verdiep met sy opbergingsfasiliteit wat buiten sy eie graan ook dié van ander boere stoor. Hy is ook Suid-Afrika se kampioen-tydrenjaer…

JJ Potgieter - Tractor

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Paul Collett

Paul Collett van Speelmanskop naby Cradock in die Oos-Kaap is ‘n herlewingslandbouer in murg en been. Sy oogmerk is om deurgaans ‘n geïntegreerde, gebalanseerde omgewing te skep waar grond, gewasse, lewendehawe en mense gedy.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Niel Wilke

Niel Wilke van Glentana in die Somerset-Oos-distrik van die Oos-Kaap is die MPO se Rentmeester-kampioen vir 2023. Vir hom is volhoubaarheid gelyk aan winsgewendheid en omgee vir mens, omgewing, en natuurlik sy diere.

Niel Wilke 2

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met JJ de Nysschen

JJ de Nysschen boer in Letsitele, Limpopo. Daar heers ‘n hegte band tussen pa Koos en hierdie voormalige jongboer van dié provinsie, wat woeker met sitrus en braaihoenders, en ook beeste en wild.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met die Merensky Landbou Akademie

Merensky Landbou Akademie op Tzaneen in Limpopo het sy deure in 1936 geopen. Vandag gaan sowat 1 300 seuns en dogters hier skool, met avoboorde en Pinzyl-beeste as deel van hulle praktiese ervaring.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Madelé Ferreira

Madelé Ferreira is die dryfveer agter die Mooihoek-aarbeiplaas naby Hankey in die Oos-Kaap. Sy en haar man ken van klippe kou, maar nie van terugstaan vir enige uitdaging nie. Aarbeie word heeljaar aan plaaslike en internasionale markte voorsien.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!