Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met JJ de Nysschen

JJ de Nysschen boer in Letsitele, Limpopo. Daar heers ‘n hegte band tussen pa Koos en hierdie voormalige jongboer van dié provinsie, wat woeker met sitrus en braaihoenders, en ook beeste en wild.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met die Merensky Landbou Akademie

Merensky Landbou Akademie op Tzaneen in Limpopo het sy deure in 1936 geopen. Vandag gaan sowat 1 300 seuns en dogters hier skool, met avoboorde en Pinzyl-beeste as deel van hulle praktiese ervaring.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Madelé Ferreira

Madelé Ferreira is die dryfveer agter die Mooihoek-aarbeiplaas naby Hankey in die Oos-Kaap. Sy en haar man ken van klippe kou, maar nie van terugstaan vir enige uitdaging nie. Aarbeie word heeljaar aan plaaslike en internasionale markte voorsien.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dian Landman

Dian Landman is 2023 se Jongboer van die Jaar in die Oos-Kaap. Lactimar is ‘n groot suiwelboerdery in die Tsitsikamma, wat tot 3 500 koeie melk. Tydens ons besoek het bek-en-klouseer skaars 6 km van sy grensdraad gedreig.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Pieter en Johan Willemse

Die identiese broers, Pieter en Johan Willemse, is gedugte besigheidsvennote. Die manne het onder begin, maar vandag word Jireh Foods se kaas landswyd deur ‘n kettingwinkelgroep versprei, en varke benut die afvalproduk, wei, in hul voermengsel.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal

Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is ‘n seunsskool waarvan die toutrekspan vir die derde agtereenvolgende jaar die Wêreldbeker oorsee verower het. Die skool is 96 jaar oud, en hier leef baie tradisies voort…

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Tienie Bamberger

Tienie Bamberger bedryf Warthog Safaris naby Lephalale in Limpopo. Hy het ‘n kwarteeu gelede sy eerste kliënte oorsee gaan verwerf, vóór hy enige wild besit het. Vandag is hy WRSA se Wildboer van die Jaar.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Kobus Pieters

Kobus Pieters van Hazyview het die gholfbaan vir makadamiaboorde verruil en is Mpumalanga se Jongboer vir 2024. Dié ambisieuse sakeman is by die verwerking en ook uitvoere vir ander produsente betrokke, en bedryf selfs ‘n gastehuis by Big 5 Macs.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hanri en SW Roeland

SW Roeland boer saam met sy dogter, Hanri, op die familieplaas, Middenin, naby Vrede in die Oos-Vrystaat. Hulle is ‘n gedugte span met hul gemengde boerdery se gesaaides en vee met ‘n jaarlikse produksieveiling.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Andries Els

Andries Els bedryf ‘n uitgebreide gemengde boerdery buite Bothaville in die Vrystaat. Vogbestuur kry voorrang, en die kans om waarde toe te voeg word nie ontsien nie. Andries het ook vroeg in sy loopbaan met sy eerste Safex-verhandelingsnommer ‘n omwenteling ervaar.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!