Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jan-Hendrik Kleyn

Jan-Hendrik Kleyn boer op Mooifontein buite Colesberg in die Noord-Kaap. Hierdie is skaapwêreld, en om in die Karoo te boer, sit nie in elke ou se broek nie. Daarom volg Jan-Hendrik ‘n holistiese benadering met sy water- en veldbestuur.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gary Vorster

Toe Gary Vorster destyds op die familieveeplaas by Elliot in die Oos-Kaap aangesluit het, was daar geen gesaaides nie. Vandag verbou hy saadaartappels, mielies en sojas, wek sonkrag op en werk aan opvolgplanne met sy bestuurder en twee dogters.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Johnson en Lizo Mandla Mandlendoda

Lizo Mandla Mandlendoda is ‘n entrepreneur, baanbreker, mentor en sakeman. Hy en sy broer, Johnson, bedryf twee plase in Middelburg en Komani in die Oos-Kaap, en buiten boerdery bied hulle verskeie opleidingsgeleenthede.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met die Botha-broers van Greylingstad en Val

Die vier Botha-broers van Greylingstad en Val in Mpumalanga (en hul pa) trek soos een man in dieselfde rigting. Hier is gesaaides, wild, beeste en braaikuikens, en planne om die volgende geslag ook sinvol by die familieboerdery te betrek.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jaques Hattingh

Jaques Hattingh van CJ Hattingh-boerdery naby Bethlehem in die Vrystaat het vele ysters in die vuur. Hy is ‘n Graan SA Groei-vir-Goud wenner vir sojabone, doen kontrakteurswerk, voer masjinerie in en bestuur ook sy eie vloot vragmotors.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Schalk van der Walt

Schalk van der Walt van Gelykfontein naby die Gariepdam in die Oos-Kaap, vat voor met Nguni’s en inheemse veldbokke in die Karoo. Die onderneming spog egter ook met verskeie kampioen-resiesperde uit hul stoetery.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Lukas Lessing

Vrystaat Jongboer van die Jaar, Lukas Lessing, boer saam met sy familie by Marquard. ‘n Bedryfsielkundige is vroeg-vroeg betrek om elkeen se plek te help identifiseer in hierdie gemengde boerdery, wat ook gronde by Ladybrand bewerk.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jimie Malan

Ons kuier by Jimie Malan van Malanseuns Plesierplante, net noord van Pretoria. Hy is aangewys as Agri SA se Nasionale Jongboer vir 2023 en dié kwekery voer ook uit na verskeie lande.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Mornay Verster

As ‘n man op 12 sy eerste stuk grond met beeste koop, kom besigheidservaring en beesteelt van ver af. Mornay Verster boer naby Tweespruit, Vrystaat, en bedryf verskeie stoeterye onder die Le Roc-vaandel. Daar is ook ‘n hotel in Frankryk ter sprake…

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hendré Kachelhoffer

Twee plattelandse skole het in Kroonstad in die Vrystaat saamgesmelt om as Hoërskool Trio verbeterde onderrig te bied. Hendré Kachelhoffer verduidelik hulle fokus op landbou, akademiese – en tegniese vakke. Hier kry selfs die dorpskinders behoorlike blootstelling aan boerdery.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!