Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Richard Godfree-Thom

‘n Jongman met ‘n groot passie vir katoen, dis Richard Godfree-Thom buite Hartswater, Noord-Kaap. Sy navorsing en volgehoue proewe maak van hom ‘n leier; nie net in die streek nie, maar ook in die breër katoenbedryf.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met RC Malherbe

RC Malherbe bedryf saam met sy pa en broer ‘n gemengde boerdery op Graslaagte by Hertzogville in die Wes-Vrystaat. Buiten die gesaaides is hier vele stoeterye: Suffolks en Vleismerino’s en die bekroonde Roechama Angus-stoetkudde.

Kyk Dinsdag @landbouweekliks om 18:00 op @viatv.

 

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Heiko Gevers

Heiko Gevers, die 2023 KZN Jongboer van die Jaar, se onberispelike organisasievermoë en detailgedrewe benadering laat hom vooruit boer naby Lüneburg. Die hoofvertakking is bosbou, maar hier is ook mielies, sojabone en beeste.

Kyk Dinsdag @landbouweekliks om 18:00 op @viatv.

https://www.landbou.com/landbou/Landbouweekliks/kyk-heiko-gevers-is-die-week-op-landbouweekliks-20240311

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Graeme Jarvie

Graeme Jarvie boer naby Greytown, KZN met aartappels en mielies. Sy produksiegleuf vir die beste markpryse word haarfyn deur presisieboerderybeginsels bestuur. Kyk vanaand Landbouweeklikns om 18:00 op VIA TV.

Die week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dawie du Plessis

Die Landbouweekliks-span kuier hierdie week in die Swartberg-omgewing van KwaZulu-Natal. Dawie du Plessis bedryf sy Magmar Beefmaster-stoetery, ‘n skaapvertakking en gesaaides naby die Lesotho-grens, en danksy slim samewerking in die gemeenskap kon hulle veediefstal – wat eens ‘n reuse probleem was – onder beheer bring. Dawie is ook ‘n mentor vir sy buurman, Luvuyo Mbutho, met wie die Du Plessis-gesin ‘n hegte verhouding het.

Kyk Dinsdag om 17:30 op VIA TV

Vanaand op Landbouweekliks | Kom kuier saam met Judy Stuart

Judy Stuart is iemand met ‘n blywende impak op die landboubedryf. Haar Future Farmers Foundation help jongmense met indiensopleiding op plase. Kyk vanaand Landbouweekliks om 18:00 op VIA TV. Met trots geborg deur AFGRI!
.

Die week op Landbouweekliks | Ons kuier saam met Christi van den Heever van Graaf Fruit

Christi van den Heever is die landgoedbestuurder by Rietfontein, een van Graaf Fruit se plase in die Koue Bokkeveld. Hy het dié boerdery se omset binne vyf jaar byna verdubbel. Kyk Dinsdag om 18:00 op VIA TV.

.

Die week op Landbouweekliks | Kom kuier saam met die Mong-familie

Die week besoek die Landbouweekliks span die Mong-familie, waar Bertus Mong boer saam met sy seuns naby Villiersdorp in die Wes-Kaap boer. Hulle het vrugte, gesaaides, skape en sy groot liefde – ‘n Hereford-stoet. Laasjaar se vloede in die Wes-Kaap het die boerdery ‘n knou gegee. Kyk Dinsdag om 17:00 op VIA TV.

 

 

.

Die week op Landbouweekliks | Kuier saam met André Brink

Ons kuier by André Brink op Groot Phesantekraal net buite Durbanville die week. Hy is 2022 se Graanboer van die Jaar, en wyn, vee, en sy arbeidsmag, is ook ter sprake. Kyk Dinsdag om 17:00 op VIA TV.

Die week op Landbouweekliks: Kuier saam met die Pentz familie

Drie geslagte woeker saam op Groote Post naby Darling. Die Pentz-familie was altyd melkboere, maar vandag is die fokus wyn, gesaaides en vleisbeeste. Leer meer oor dié boerdery in vandeesweek se episode van Landbouweekliks, Dinsdag om 17:00 op VIA TV.