Die week op Lanbouweekliks | Ontmoet vir Juan Louw en Dmitrius Sas

Juan Louw en Dmitrius Sas kom uit verskillende wêrelde. Hulle boerdery-droom maak hul verhouding uniek en hul skape gedy in die venootskap. Leer meer oor dié boerdery in vandeesweek se episode van Landbouweekliks. Kyk Dinsdag om 17:30 op VIA TV.

 

Op Landbouweekliks die week | Kuier saam met voormalige Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar, Philip Botha

Op Wildebeestkooi naby Strydenburg in die Karoo, span Philip Botha geoutomatiseerde lamhokke en ‘n voerkraal in wat met sonkrag werk om doeltreffend te boer. Philip is ‘n voormalige Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar en dis nie net sy deursettingsvermoe wat van hom ‘n leierboer maak nie, maar ook sy entrepreneurgees.  Nadat hy ‘n proeflopie gedoen het en die vloere van sy lamhokke van planke gemaak het, het hy later die materiaal verbeter met herwonne plastiek wat hyself gemaak het. Al sy lamhokke staan onder afdakke en is toegerus met outomatiese voer- en waterstelsels. Hy het ‘n grootmaatvoertenk opgerig wat met sonkrag werk. Elkse ooi kry daagliks outomaties die regte hoeveelheid voer, wat tyd, mannekrag end voerrantsoene bespaar.

Kom kuier saam in die week se Landbouweekliks, Dinsdag om 17.30 op VIA TV.

 

Vanmiddag op Landbouweekliks | Kuier saam met veldmeester Roland Kroon

Veldmeester Roland Kroon bestuur sy weiding al jare lank op ‘n holistiese wyse dat hulpbronne bewaar word. Elke druppel reën word optimaal benut. Leer meer oor dié boerdery buite Graaff-Reinet in die Oos-Kaap in die week se episode van Landbouweekliks. Kyk vanmiddag om 17:30 op VIA TV.

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam by Kraakvars Eiers

Kraakvars Eiers buite Trompsburg is 3 geslagte reeds in die Suid-Vrystaat en word deur Anphia Archer bedryf. Leer meer oor dié boerdery in die week se episode van Landbouweekliks vanaand om 17:30 op VIA TV.

Lees meer: bit.ly/3LIE0qY

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Louw Smit en sy broer, Johan

Louw Smit en sy broer, Johan, is vyfdegeslagboere op die familieplaas, Riviera, naby Piketberg. Net soos hul voorgeslagte boer hulle met aartappels in ’n soms vyandige streek. Kyk Landbouweekliks vanaand om 17:30 op VIA TV om meer te leer oor dié boerdery.

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Martli Slabber

Martli Slabber van Hexrivier Sitrus se filosofie is om so sag moontlik met die natuur om te gaan. Meer as 80% van die plaas is ongerepte berge en fynbos. Leer meer oor dié boerdery op Landbouweekliks, vanaand om 17:30 op VIA TV.

 

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Joan Barnard

Dié Dormerram Spiekeries van Johan Barnard is verlede jaar vir ’n allemintige R510 000 verkoop. Kuier vandag om 17:30 saam met

Landbouweekliks op VIA TV by Barnard se plaas Spioenkop net buite Lindley in die Vrystaat om meer oor sy boerdery te leer, en sy spogramme wat groot tjeks in ryg!

Vanaand op Landbouweekliks | ‘n Boer maak ‘n plan, maar ‘n vrou maak twee

Tharina Terblanche bedryf ‘n uitgebreide, saai-, bees- en hoenderboerdery naby Sasolburg in die Vrystaat. Vat die pad saam met Landbouweekliks, vanmiddag om 17:30 op VIA TV.

*Met heruitsendings Donderdae en Vrydae om 18:30.

Vanaand op Landbouweekliks besoek ons ‘n wildsplaas-paradys!

WRSA se 2022 Wildboer van die Jaar, Karel Landman, het diep spore in die wildbedryf in KwaZulu-Natal getrap. Sy twee seuns loop voor saam met ‘n uitgebreide bestuurspan by die Pongola Game Reserve. Kyk vandag saam om 17:30 op VIA TV.

Vanaand op Landbouweekliks | Eerste episode van 22ste seisoen!

Die eerste episode van Landbouweekliks se 22ste seisoen is hier! Kyk dié episode vanaand om 17:30 op VIA TV en ontmoet Stefan Erasmus, ’n vyfdegeslagboer van die Oos-Kaap.