Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Nicky van der Linde

Nicky van der Linde van Geelbos-boerdery naby Standerton, Mpumalanga, is TLU SA se Jongboer vir 2023. Dié jong saai- en beesboer laat hom nie maklik onderkry nie; nie deur lae speenkalfpryse, hoë kunsmispryse of El Niño-somers nie.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Stompie Olivier

Stompie Olivier het as 11-jarige sy eerste melkbeesstoetery bedryf. Vandag, hier naby Ventersdorp in Noordwes, spog hy met die Hotspot-beeste: ‘n Boran- en Droughtmaster-stoetery. Die droë saaiseisoen vanjaar was egter ‘n kopseer.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jaco Pieterse

Jaco Pieterse boer naby Richmond in die Noord-Kaap. Hierdie provinsiale Jongboer van die Jaar se sin vir besigheid gee hom skaalvoordele, veral op huurgrond, soos hy integrasie in die skaapwaardeketting benut. En stagneer vorm nie deel van sy mondering nie.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Delwyn Roberts

Maclear in die Oos-Kaap is bergagtig en Delwyn Roberts ken dit al te goed. Selfs 4x4s sukkel en brandslaan word te voet gedoen. Delwyn se hart lê by sy beeste… eerste die Brangus, en dan die Charolais, beide wat kommersieel en as stoeterye bedryf word.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jan-Hendrik Kleyn

Jan-Hendrik Kleyn boer op Mooifontein buite Colesberg in die Noord-Kaap. Hierdie is skaapwêreld, en om in die Karoo te boer, sit nie in elke ou se broek nie. Daarom volg Jan-Hendrik ‘n holistiese benadering met sy water- en veldbestuur.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gary Vorster

Toe Gary Vorster destyds op die familieveeplaas by Elliot in die Oos-Kaap aangesluit het, was daar geen gesaaides nie. Vandag verbou hy saadaartappels, mielies en sojas, wek sonkrag op en werk aan opvolgplanne met sy bestuurder en twee dogters.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Johnson en Lizo Mandla Mandlendoda

Lizo Mandla Mandlendoda is ‘n entrepreneur, baanbreker, mentor en sakeman. Hy en sy broer, Johnson, bedryf twee plase in Middelburg en Komani in die Oos-Kaap, en buiten boerdery bied hulle verskeie opleidingsgeleenthede.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met die Botha-broers van Greylingstad en Val

Die vier Botha-broers van Greylingstad en Val in Mpumalanga (en hul pa) trek soos een man in dieselfde rigting. Hier is gesaaides, wild, beeste en braaikuikens, en planne om die volgende geslag ook sinvol by die familieboerdery te betrek.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jaques Hattingh

Jaques Hattingh van CJ Hattingh-boerdery naby Bethlehem in die Vrystaat het vele ysters in die vuur. Hy is ‘n Graan SA Groei-vir-Goud wenner vir sojabone, doen kontrakteurswerk, voer masjinerie in en bestuur ook sy eie vloot vragmotors.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

 

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Schalk van der Walt

Schalk van der Walt van Gelykfontein naby die Gariepdam in die Oos-Kaap, vat voor met Nguni’s en inheemse veldbokke in die Karoo. Die onderneming spog egter ook met verskeie kampioen-resiesperde uit hul stoetery.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!